Kondensmelk Tiramisu

Bestandele:
1 blikkie (385 g) kondensmelk
2 kondensmelkblikkies, met melk gevul
3 eiergele
30 ml (2 e) mielieblom
150 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
250 ml (1 k) ekstra melk
1 groot pak (200 g) sponsvingerbeskuitjies
250 ml (1 k) vars room, verkoel en styf geklits
1 Flake-sjokolade, gekrummel

Metode:
Meng die kondensmelk, melk, eiergele en mielieblom saam in ‘n kastrol, verhit en roer tot die mengsel kook en verdik. Hou eenkant.
Smelt die sjokolade en 250 ml ekstra melk in ‘n glasbak oor kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond.
Roer gereeld.
Skep ‘n lagie kondensmelkmengsel in 6-8 poedinglasies of in een groot glasbak.
Doop ‘n paar vingerbeskuitjies in die sjokolademengsel en pak bo-op die kondensmelkmengsel.
Herhaal die lae en rond af met room. Verkoel sowat 1 uur of tot stewig.
Krummel die Flake net voor opdiening oor.