Gebruik enige vleis, jou keuse – in blokkies gesny.
Ek gebruik die resep vir my skaapskenkels/skaapnek/wildsvleis, lambshanks en my beesstert.
Ek stoom die beesstert vir 45 min en al die ander vleise 30 min.
Braai die vleis en uie in pot tot geseel.
Gooi in, water, wostersous, bietj ie balsamic vinegar, knoffel, rooi of witwyn, paar bay leaves, bietjie bladjang, tamatiesous, sout en peper.
Bring tot stoom en stoom vir 30 min.
Stoom dadelik af onder kraan.
Voeg by, aartappels, wortels, sampioene en keuse van groente. Indien jy nie die geblikte tamaties het soos verder in die resep, voeg hier by so 3 afgeskilde grof gesnyde tamaties.
Stoom vir 10 min en stoom weer dadelik af onder koue water.
Gooi 1 geblikte heel tamaties by – kook deur.
Verdik met enige soppoeier of bisto.
Bedien met rys of stampmielies of krummelpap.