Vskaslagie Poeding

Wie soek ‘n skeppie karamel-en-sjokolade-poeding? Korn gou want die bak word tjoef-tjaf leeg.

  • 1 karton (150 g) sjokolademousse of kitspoeding
  • 1 karton (90 g) karamelkitspoeding (soos Moirs)
  • koue volroommelk (vir albei die kitspoed ings; lees aanwysings op die pakkie)
  • 250 ml room
  • 1 pakkie (200 g) Cream Crackers- of Tennisbeskuitjies
  • 1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk
  1. Maak die sjokolade- en kitspoedings afsonderlik aan met die melk volgens die aanwysings op die pakkies.
  2. Klits die room styf en meng die helfte van die room met die sjokoladepoeding en die ander helfte met die karamelpoeding.
  3. Spuit ‘n 30 x 22 cm-bak met ‘n kleefwerende sproei. Pak ‘n laag beskuitjies in die bak en giet al die sjokoladepoedingmengsel daaroor.
  4. Pak nog ‘n laag beskuitjies daaroor en smeer die karamelpoeding bo-oor en eindig met ‘n derde laag beskuitjies.
  5. Plaas in die yskas vir ten minste 4 uur of oornag om te stol.
  6. Smeer die karamel oor die tert en sit voor.