Gebakte Bruinpoeding met Jellie

Deeg:
2 eiers
2 eetl suiker
2 eetl botter
4 eetl meelblom
ltl koeksoda (aangemaak met bietjie melk)
2 eetl appelkooskonfyt

Sous:
1 pakkie aarbei jellie
2 kop kookwater
2 eetl botter
half kop suiker

Kook solank die stroop in groot pot en laat staan eenkant om warm te bly.
Room die botter, suiker, en klits eiers by.
Voeg konfyt by.
Voeg koeksoda by.
Voeg meel by en meng goed.
Skep nou lepels vol deeg bo-op die sous.
Bak vir half uur by 180 grade.
Gee staantyd van so 15 min voor opdiening.
Hierdie resep is lekker klam want die jellie maak so ‘n lekker dik sous aan die onderkant met die degie wat lekker bros en bruin bo-op is.