Gebakte Kass – Tenderized Steak

BENODIG:
1kg tenderised steak (sny in stukke) geur met speserye van jou keuse.
Sny 2 uie in dun skywe.
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe.
Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk
250ml room
1 eetlepel worcestersous
1 eetlepel chutney
1 eetlepel tamatiesous
1 pakkie wit uie sop

MAAK SO:
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 minute teen 160°C.
Ek verkies om myne oop te bak op 200°C.
Dit proe vir my sagter so. Bak tot gaar.