Mieliepap Balle vir Braaivleis

PAPBALLE:
Maak lekker stywe mieliepap met ongeveer 1 1/2 koppies meel.
Meng daarby in:
– 1 blikkie suikermielies
– 2 pakkies gebraaide spek
– 1/2 blikkie tamatie & uie mengsel (met Worcester sous na smaak)
– 1 koppie gerasperde cheddar kaas
Laat die mengsel effens afkoel.
Roi dan stywe frikkadel grootte balle en pak in ‘n gesmeerde oondpan.

SOUS:
Meng 1 liter room met 1/2 pakkie sampioensop, en voeg oorblywende tamatie en uie mengsel daarby.
Voeg by na smaak: blatjang, speserye en Worcester sous.
Gooi die sous oor die pap balle en maak seker dat die pap balle goed bedek is, en gooi dan gerasperde kaas en origanum bo-op.
Bak 180°C vir 45min (of tot die room begin dik word).
Bedien warm en geniet!