Maak jou eie Roomys

Ryk, romerig en tuisgemaak.
Hier is ‘n resep vir die heerlikste vol room roomys wat jy nog ooit gemaak het met net drie bestanddele.
1 L vars room (yskoud, verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 t vanieljegeursel
Giet jou room in ‘n lekker groot mengbak en voeg vanielje-geursel by.
Klop tot styf en verdubbel die volume met jou elektriese klitser op die hoogste spoed. Vou die kondensmelk in en meng dit mooi deur.
Skep in 2 I roomyshouer en vries vir ses tot agt ure.
Opsioneel:
Vou opgekapte sjokolade of koekies saam met die kondensmelk in.
Siedaar! Jou eie tuisgemaakte roomys.