Maklike Hoenderpastei

Lewer 6 porsies

Bestanddele:
15ml oly
folie
8 hoenderporsies of 1 heel hoender
250ml hoenderaftreksel
1 lourierblaar
3 elke heel kruienaeltjies en wonderpeperkorrels
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
250g sampioene, in skyfies gesny
15ml droe gemengde kruiel
25ml kookvloeistof van hoender

Kors
125ml melk
1 eier
125ml olie
250 ml koekmeel
‘n knippie sout
10ml bakpoeier

Metode:
Verhit ‘n bietjie van die olie in ‘n groot kastrol en verbruin die porsies of heel hoender.
Verlaag die hitte en voeg die aftreksel, lourierblaar, speserye en soute en peper na smaak by.
Prut die hoender vir 45 tot 60 minute of tot gaar.
Skep die hoender uit en behou die vloeistof waarin die hoender gekook het.
Verwyder enige vel en bene en sny die vleis in stukkies.
Soteer die uie in die orige olie in dieselfde kastrol.
Roer die knoffel, sampioene en kruie by en soteer dit ‘n paar minute.
Roer die hoender en genoeg van die behoue vloeistof by die groentemengsel om ‘n redelike klam mengsel te kry.
Geur na smaak en skep dit in ‘n oondbak.Voorverhit die oond tot 180 °C.

Kors:
Klits die melk, eier en olie saam.
Sif die droe bestanddele saam en voeg dit by die melkmengsel om ‘n slap beslag te vorm.
Voeg nog melk by indien nodig.
Giet die beslag oor die vleis en bak dit ongeveer 30 tot 40 minute of tot goudbruin en gaar.