Jong Peri-Peri Hoenders

3 heel jong hoenders
sout en peper na smaak
Peri-Peri Sous
6 rooi brandrissies
15 ml (1 e) fyngedrukte knoffel
5 ml (1 t) soutvlokkies
2,5 ml (Y2 t) paprika
125 ml (‘h k) olyfolie
60 ml (Y4 k) rooiwynasyn
geroosterde aartappelwiggies en slaai vir opdiening

Plaas die brandrissies, knoffel, sout, paprika, olie en asyn in ‘n kastrol en laat 5 minute prut.
Laat afkoel.
Gooi die mengsel in ‘n voedselverwerker en verwerk tot dik.
Plaas die hoenders in ‘n groot bak en geur met sout en peper.
Smeer die hoenders oraloor met die helfte van die sous.
Verseel en laat marineer in die yskas vir minstens 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180 °c en voorverhit die roosterpan of braaier.
Braai die hoenders op die roosterpan of braaier vir 5 minute weerskante of tot verbruin.
Sit die hoender op die roosterpan en rooster 25 minute of tot deurgaar.
Bedruip van tyd tot tyd met die oorblywende sous.
Sit voor met aartappelwiggies en slaai.