Soetmelk Beskuit

2 kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10 gram pakkies kitsgis
35 gram (1 boxie) anys
250 gram gesmelte botter
1 koppie suiker
1 blikkie kondensmelk

Meng koekmeel, sout, gis en anys.
Smelt suiker in een koppie water, smelt botter by roer en gooi blikkie kondensmelk by.
Voeg mengsel by deeg.
Knie met louwarm water tot sagte deeg.
Laat staan vir 20 minute, maak balletjies, pak in gesmeerde broodpan, maak pan toe, laat rys.
Voorverhit oond 1sooc en bak dan 45 minute.
Doodmaklik en altyd ‘n reuse sukses.
Ek los my suurdeeg in bietjie lou suiker water op van dit wat ek aanmaak [bietjie in klein maatbeker] dan rys die beskuit vinniger as wat jy dit saam met die meel en al die ander bestanddele saam ingooi.