3 Bestandele Krismiskoek

Vrugte + Vloeistof + Bruismeel = Vrugtekoek
KLAM, MAKLIK EN LEKKER! Die Maklikste en heerlikste vrugtekoek.
Wie se jy moet wag tot krismis om dit te mag eet! !! !!
Eet dit nou saam met tee, koffie of n lekker glas wyn.

Bestandele:
1kg vrugtemengsel + 1 boksie cherries(ek koop Food Lovers se emmertjie vrugtemengsel)
575 ml rooibostee + 125ml brandewyn opsioneel(vloeistof moet 700ml wees)
2 koppies bruismeel

NOU:
Laat die vrugte oornag week in die vloeistof.
Voeg die meel en n knippie sout by die vrugte.
Roer alles goed deur.
Voer jou koekpannetjie met bakpapier en spuit met Spray en Cook.
Gooi die mengsel in jou pannetjie.
Bak op 140 C. Vir 2 uur. Toets of dit deurgaar is. Anders los dit nog bietjie in jou oond.
As die koek te danker raak sit n stukkie tinfoil op.
As dit gaar is haal die koek uit jou pannetjie en sprinkel met brandewyn.
Maak toe met tinfoil en sprinkel gereeld met brandewyn.
So so lekker en Maklik!
Vir ekstra geur: sny groenvye by jou vrugtemengsel.
Sit gekapte neute of gesnyde dadels by.
Geur met speserye soos kaneel, gemmer en neutmuskaat.
In plaas van tee kan jy sjokolademelkies, koffie of vrugtesap gebruik.
Jy kyk nooit weer terug nie. Dis die een!