Brood Resepte

Ek gebruik 4kop wit meet en 1.kop bruin broodmeel, 3t sout, 6t suiker, 3 eetl olie, 2pk yeast en 2kop lou water!
Laat n uur rys knie af en maak 2 brode rys dan so 45 min en bak 1.BOgr n uur lank en gebruik die deeg vir vetkoek ook!
Ek bak elke 3de dag brood!

MAKLIKE BROOD
125 ml melk
2 Eetl margarien
Kook bg saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout
Meng.
Meng die twee mengsels.
Maak aan met ongeveer 300 ml lou water.
Knie 5 minute.
Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute.
Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute.
Bak 1 uur by 1aooc.

BASIESE BROODRESEP
Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood,roosterkoek, vetkoek en self askoek bak.
VIR 2 BRODE
1kg (7kp) witbroodmeel of helfte Nutty wheat en helfte witbroodmeel
2 teel suiker
1 teel sout
1 pakkie {10g) kitsgis
1 eetl olie
Ongeveer 2 kp louwarm water
Meng die droe bestandele en gooi genoeg louwater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad.
Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek.
Laat staan dit vir 15min op ‘n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het.
Dis nou reg vir gebruik.

WITBROOD
1kg witbroodmeel
15ml sout
10ml suiker
lxlOg Anchor kits droegis
20g botter
625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam.
Vryf botter by droe bestanddele in.
Voeg lou water by en meng tot ‘n sagte deeg.
As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word.
Knie deeg tot sag en elasties.
Plaas in ‘n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus.
Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne.
Bedek en laat rys op ‘n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg.
Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.

BASIESE BRUINBROOD
400 g meel
10g kitsgis
350 g nutty wheat
30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water
1 t sout
Meng meel en sout.
Vryf margarien in.
Sprinkel kitsgis
Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg.
Knie tot glad en elasties.
Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap.
Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys.
Knie af vir 5 minute lank.
Plaas in broodpan en laat weer rys.
Bak by 190°C vir ongeveer 40 minute.

BRUIN BROOD
600ml witbroodmeel
560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel
lxlOg kitsgis
sout na smaak
500-750ml warm water
Meng die meel, gis en sout in ‘n groot mengbak.
Maak ‘n holte in die meel en voeg 500ml van die water by.
Meng met ‘n lepel tot ‘n stywe deeg vorm.
As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word.
Knie deeg op ‘n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties.
Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume.
Bak 40-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C.
Laat op ‘n draadrak afkoel.

KORINGROERBROOD
5 x 250 ml gaar koringkorrels
6 x 250 ml bruinbroodmeel
2 x 10 g kitssuurdeeg
25 ml sout
60 ml bruinsuiker
125 ml kookolie
1 liter louwarm water
Meng die koringkorrels, bruinbroodmeel, suurdeeg en sout in’ n mengbak.
Plaas die suiker, olie en water in • n ander mengbak en roer tot goed gemeng.
Voeg die mengsel by die droe bestanddele en roer goed deur.
Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies Laat op ‘ n warm plek rys tot gelyk met
die borand van pan.
(Dit duur sowat ‘n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.)
Stel intussen die oond op 200C. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in
die voorverhitte oond.
Die brood is gaar as • n mens • n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop.

PLAASBROOD
8kp meel
1 pakkie kitsgis
5ml sout – 5ml suiker
30ml kookolie – 600ml louwarmwater
Plaas droe bestanddele in mengbak en meng goed.
Maak holte in meel.
Meng olie en water.
Gooi water in holte.
Meng alles met jou hand.
Hou ekstra meel en water byderhand indien te styf of te droog is.
Knie lOmin.
Sit deeg in een groot of 2 kleiner gesmeerde broodpanne.
Plaas op warm plek om tot dubbel die volume te rys.
Bak by 180grade C tot gaar – so tussen 30 – 40min.