Horingkies

250ml Bruismeel
500ml Koekmeel
250ml Maziena
knippie Sout
250gram Stork Bake
200ml Yswater

METODE:

  1. Sif droe bestandele saam.
  2. Vryf margarien in tot dit lyk soos mielie meel.
  3. Meng yswater in tot sagte deeg, (Sit deeg in yskas vir so halfuuur) rol dun uit.
  4. Sny in dun repies en vorm om horing vormpie.
    Die kante moet oormekaar gevou word.
  5. Bak 20-25 min by 180 grade celsius.