Lamskenkels

4 lamskenkels
1 bottel Griekse/Franse slaaisous
3 suurlemoene, in kwarte gesny
1 ui, in kwarte gesny
2 heel knoffelbolle, gehalveer
2 takkies vars origanum
2 takkies vars roosmaryn
sout en peper; na smaak

Plaas die lam in ‘n oondkastrol en giet die slaaisous oor.
Sit die suurlemoen, ui, knoffel en vars kruie by en geur met sout en peper.
Sit die deksel op of maak toe met foelie en plaas in die oond by 1500c vir 3-3Y2 ure.
Bedien met kapokaartappels.