Oros-Hoender

Bestanddele
400 ml Oros, aangemaak
1 ui, in skywe gesny
1 groenrissie, gekap
6 – 8 hoenderporsies
sout en peper
1 koppie mayonnaise
1 koppie blatjang
10 klein aartappels
hoenderspeserye

Metode
Verhit die oond tot 180 oc.
Geur die hoenderstukke met sout, peper en hoenderspeserye.
Pak dit saam met die aartappels in ‘n oondbak met ‘n deksel.
Meng die res van die bestanddele en voeg dit oor die hoenderstukke.
Bedek, en bak 1 V2 uur tot gaar.
Bedien op basmati.