Pynappelpoeding I Pineapple Pudding

Pynappelpoeding soos jy dit by die basaar sal koop.

4 pakkies pynappel- of suurlemoen-jellie, aangemaak volgens aanwysings en effens styf gestol
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk, oornag in die yskas gehou en dan styfgeklop
1 blik (410 g) fyn pynappel

Roer die kondensmelk by die jellie.
Vou dan die jellie-mengsel by die Ideal melk.
Roer die pynappel by ie mengsel.
Plaas in yskas.