Suurlemoen Skuimtertjies

Lewer 12
Bereiding : 5 minute
Gaarmaaktyd : 10 minute

1 blik (382 g) kondensmelk
4 eiers, geskei
skil en sap van 2 suurlemoene
250 ml (1 k) suiker
‘n knippie kremetart
12 soet tertdoppies, gebak

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C
Klits die kondensmelk, eiergele, suurlemoenskil en sap in ‘n bak tot alles goed gemeng is.
Klits die eierwitte in ‘n aparte bak tot skuimerig en klits dan die suiker ‘n lepel vol op ‘n slag in.
Klits die kremetart saam met die laaste lepel vol in.
Skep die suurlemoenkondensmelk in die tertdoppies tot amper vol.
Skep of druk die skuim bo-oor. Bak 10 minute in die oond of tot goudkleurig bo-op.