Tamboesies

1 rol (400g) blaardeeg
500ml melk
60ml wit suiker
37,5ml via poeier
37,5ml mielieblom(mezena)
knypie sout
5ml vanielje geursel
versiersuiker
suurlemoensap
kookwater
paar druppels amandelgeursel

METODE
Oond 200°C (400°F)
Laat blaardeeg ontdooi,
Roi deeg oop moet nie dunner uit rol nie,
Sny met skerp mes 4cm blokkies,plaas entjie uitmekaar op bakplaat,
Bak +-12min in oond tot goudbruin laat afkoel op draadrak.
Hou bietjie van die melk eenkant, verh it die res tot kook punt.
Meng die vla,mielieblom,suiker en sout in die melk wat jy eenkant gehou het.
Giet dit nou in by die kook melk en roer aanhoudend tot dik en gaar.
Haal af van hitte roer vanielje in.
Laat koud word (maak was papier nat en sit oor via dan sal daar nie n vel vorm nie).
Split elke blaardeeg vierkant met n skerp mes in die helfde en sit van die koue via tussen in.
Maak versiersuiker met suurlemoen en kookwater aan tot ‘n paste.
Voeg amandel geursel by.
Skep telepels vol oor die 4 kant laat rukkie staan tot styf en geniet.
Lewer 50-60 vierkante.