Vetkoek: Vetkoek en Vulsel

GEVULDE VETKOEK:
Ek gebruik vetkoek vir padkos, maar hulle is ook wonderlik vuurwarm, middeldeur gesny, met botter en suiker.
(sowat 10 – 12 vetkoeke)
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hardgekookte eiers
Een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar.
Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by.
Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby.
Barefoot Stiletto I Walk tall with your feet on the ground.
Voeg hierdie mengsel by die droe bestanddele en knie tot jy ‘n gladde deeg het.
Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ‘n pan.
Die olie moet warm wees, maar nie op rookpunt nie.
As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ‘n deegbal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer.
As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ‘n eier of ‘n stukkie wors of frikkadelletjie in deeg toedraai en dit dan diepbraai.
Gevulde vetkoek is lekker padkos, en ek maak hulle sommer op pad, of reeds die vorige aand.

VETKOEK IN SKOTTELBRAAI:
2 koppies koekmeel
40ml suiker
10ml bakpoeier
knippie sout
2 ml gemengde speserye
2ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
2 ekstra groot eiers (geklits)
250ml kookwater
30g rosyne of koerente
olie vir diepbraai
Sif droe bestanddele saam.
Klits eiers en meng met kookwater.
Meng droe bestanddele geleidelik tot gladde deeg.
Roer rosyne by.
Verhit olie in die CADAC skottelbraai en braai 3-4 lepelsvol beslag in warm olie tot pofferig en goudbruin.
Braai weerskante.
Verwyder van olie en dreineer op handdoekrol.
Bedien warm. (lewer omtrent 15 vetkoekies).

LEKKER HOL VETKOEK [DEEG WORD IN BROODMASJIEN GEKNIE]
1 3/8 cups Water
4 cups flour
2 Tbsp. Dry Milk (melkpoeier)
1 Tbsp. Sugar
1 3/4 tsp. Salt
1 Tbsp. Butter
3 tsp Active Dry Yeast ( or 2 tsp. Fast Rise yeast)
Sy maak die deeg en maak dan omtrent golfbal grootte balle wat sy platdruk sodat hulle so 1/4 na l/2 duim dik is.
Braai in olie.

OUVROU ONDER DIE KOMBERS:
1 blikkie weense worsies
2 eiers
3/4 koppie melk
knippie sout
1 teelepel bakpoeier
Genoeg meel om dun deeg mee te maak
Klop eiers goed, voeg melk en sout by.
Klop weer, voeg meel en bakpoeier by.
Klop weer.
Doop worsies in deeg.
Braai in warm olie tot deeg gaar is .
Jy kan dit ook doen met gaar stukkies boerewors, varkworsies, russians en gaar visvingers.

KOOKWATER VETKOEK:
2 koppies koekmeel
25ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
2 eiers
250ml kookwater
olie vir vlakbraai
Sif droee bestanddele saam.
Klits eiers en kookwater saam.
Meng eiermengsel met meelmengsel.
Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Bedien met maalvleis vulsel.

MAKLIKE VETKOEK:
Klaar gemaakte witbrood deeg (Spar)
Meel
Botter
Ol ie
Barefoot Stiletto I Walk tall with your feet on the ground.
Laat deeg rys en knie weer af met gebotterde hande Roi klein bolletjies met die deeg, rol in meel en druk plat met hand.
Braai in lou warm olie, dis die truuk – al gaan dit stadig.
Braai aan beide kante tot goud bruin.
Dreineer op kombuis Papier.

POTGEBAKTE VETKOEK:
1112 kop meel
V2 t sout
4 t bakpoeier
1 eier
V2 kop melk
2 eetlepels olie om in te bak
Meng droe bestanddele.
Klits eier en melk, voeg by meelmengsel.
Meng goed tot ‘n slap deeg.
Verhit olie in plat swaarboomkastrol/pot. [moet groot genoeg wees om al die deeg gelyk in te sit]
Skep lepelsvol deeg in die kastrol, sit deksel op en bak eenkant op stoof of kole tot gaar.