Vla Tertjies

Oond 200°C.
Voer 2 gespuite muffinpanne se holtes uit met uitgerolde skilfferkors deeg, gekoopte deeg is reg.
2 rolle deeg sal genoeg wees.
Kante van deeg kan effe aan bokant van holtes uitsteek.
Sit pannetjies in yskas terwyl jy vulsel maak.

MAAK VLA VULSEL:
VERHIT:
2 k melk,
2 k suiker
knippie sout.
KLITS SAAM:
3 E mielieblom
3 E vla-poeier
1 t vanilla geursel en 12 groot eiergele.
METODE:
Roer versigtig by warm melkmengsel.
Roer gedurig met draadklitser om klonte te voorkom.
Kook 3 minute op lae hitte terwyl jy roer. Laat 5 minute afkoel.
Verdeel die vulsel in deeg holtes.
Jy behoort so 20 tertjies uit die bestandele te kry
Bak vir 20 minute, stel oond af na 180°C en bak nog 20 minute.
WENK: Maak Meringues met die eierwitte.