Vlakoek

Koek:
lk Melk
1/2k Botter
lk Strooisuiker
2k Meelblom
4tl Bakpoeier
2ml Sout
3 Eiers

Vulsel:
9tl Vlapoeier (45ml)
2k Melk
1/2k Botter
lk Suiker
ltl Vanilla
Voorverhit oond tot 190 C.
Smeer 2 koekpanne.

Koek:
Verhit melk en batter tot kookpunt en verwyder van hitte.
Klop eiers en suiker tot lig en romerig .
Sif meel, bakpoeier en sout en roer by eiermengsel.
Voeg warm melkmengsel by en meng.
Verdeel beslag tussen die 2 panne.
Smeer gelyk en bak 20min.
Keer uit en laat heeltemal koud word.

Vulsel:
Roer vlapoeier geleidelik by melk tot alles opgelos is.
Verhit tot kookpunt en kook vir 1 min.
Verwyder van hitte laat heeltemal koud word.
Klop botter tot lig en donsig, voeg suiker by en verroom.
Roer vlamengsel by en geur met vanilla.
Halveer die koeklae met ‘n garedraad.
Smeer van die vulsel oor elke laag en plaas opmekaar.
Sprinkel van die koekkrummels bo-oor.