Gebakte Jelliepoeding

7 eetlepels meelblom
3 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
3 eiers, geklits
2 eetlepels botter
1/4 koppie melk knippie sout
1 pakkie lemoenjellie
112 koppie suiker

Klop die botter en suiker saam tot dit romerig is en voeg die geklitste eiers by.
Voeg appelkooskonfyt by.
Los die koeksoda op in die melk.
Sif die droe bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die geroomde mengsel.
Kook 1 pakkie jellie poeier, 112 koppie suiker en 2 koppies kookwater saam vir 5 minute.
Gooi die kokende stroop in ‘n vuurvaste bakskottel en skep die deeg daarin.
Bak in ‘n matige oond 180C vir 45 minute.