Ouma se Hotelpoeding

Hier is u baie lekker Maklike Poeding vir die Boere Vrou.

(4 Bekertjie-porsies)
140 g (250 ml) koekmeel
30 ml botter
250 ml melk
7 ml koeksoda
2 eiers, geklits
250 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml asyn of suurlemoensap

Verhit oond tot 180 °C.
Sit meel in mengbak en voeg botter by.
Vry botter in meel tot dit soos broodkrummels lyk.
Meng melk en koeksoda saam. Maak holte in middel van meelmengsel en voeg melkmengsel en res van bestanddele by.
Meng goed tot deeg vorm.
Skep deeg in vier emaljebekers, wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Plaas bekertjies op bakplaat en dan in oond. Bak sowat 45 minute – toets met dun pennetjie om seker te maak dis gaar.

Sous
250 ml room
200 g (250 ml) suiker
1 eier, geklits

Meng alles en giet oor gebakte nagereg nadat dit behoorlik afgekoel het.
Bak verder in matige oond vir 10 tot 20 minute totdat sous begin dik word.
Sit warm voor.