Outydse Gemmerpoedlng

2 koppies meel
1 koppie suiker
2 koppies melk
1 eetlepel asyn of suurlemoensap
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels gemmer
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eiers
Knippie sout

Voorverhit die oond tot 180°C.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Meng al die droe bestanddele.
Los die koeksoda in ‘n bietjie van die melk op.
Maak die droe bestanddele met die nat bestanddele aan.
Skep in die voorbereide bak en bak vir ongeveer 40-50 minute of totdat ‘n toetspen skoon uit die poeding kom in die voorverhitte oond.
Giet die volgende sous oor sodra die poeding uit die oond kom

SOUS
1 koppie suiker
1 1/2 koppies water
2 teelepels vanieljegeursel
2 koppies melk of idealmelk of ‘n mengsel van die twee
250 gram botter of margarien

Kook alles saam en gooi gelydelik oor die gaar poeding.
Dien op met via, room of roomys.

NOTA
Dit maak ‘n groot poeding.