Pepperment Poedlng

Genoeg vir 4 mense
Bereiding : 20 min.
Verkoel : 2 uur
PĀ£PPERMENT POEDING
1 pakkie (200 g) Tennis-koekies
60 ml (Y4 k) Amarula-likeur
2 blikke (360 g elk) karamelkondensmelk
375 ml (1112 k) room
90 g Peppermint Crisp-sjokolade, fyngedruk

METODE:
Plaas die koekies in ‘n plastieksak saam met die helfte van die likeur, verseel en druk met ‘n koekroller fyn.
Plaas die karamelkondensmelk in ‘n mengbak.
Klits die room tot stywe punte vorm en vou dit saam met die oorblywende likeur by die karamel in.
Vou 60 g van die pepermentsjokolade in.
Strooi die koekiekrummels in vier afsonderlike bakkies of glase en bedek met die karamel.
Herhaal die lae en eindig met karamel bo-op. Strooi die oorblywende pepermentsjokolade bo-oor.
Verkoel 2 uur in die koelkas.
Sit voor saam met room, as jy wil.