Eenvoudige Sago Poeding (Mikrogolf)

Na my mening is dit die heel beste mikrogolf sago poeding.
Dis sponserig en heeeeeeeerlik en niks vooraf geweek nie.

2 kop melk
Y2 kop sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetl botter
2 eiers geskei
1/2 kop suiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel

METODE:
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel.
Mikrogolf 2 minute op 100%.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt booor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag.
Sit dit warm voor.