Peppermint Sjokolade Koffie Tert

Hierdie vinnig aanmekaar gemaakte koek/ tert was so lekker en ek deel dit graag met julle.

Bestanddele
1 PEPERMINT boks koek aangemaak en gebak soos voorgeskryf … sien ek hou van die vinnig kort pad as dit kom by bak en brou.
Haal uit die oond en steek gate in die koek met ‘n vurk.
Bestanddele vir stroop
8 Eetlepels suiker
1 Eetlepel vanielje-essens
1 Koppie water
2 teel. Hoogvol koffie poeier
125 ml Brandewyn of whiskey
Bestanddele vir versiering
1 Blik karamelkondensmelk .. ek verkies die PEPERMINT 1
1 Groot Flake as jy wil
500 ml Room
1 Pakkie butterscotch of caramel kitspoeding

Metode
Stroop :
Kook bestanddele behalwe die brandewyn so 5 min saam tot suiker gesmelt is … voeg brandewyn/ whiskey by en gooi oor warm koek.
Versiering :
Smeer karamelkondensmelk oor warm koek en laat dit baie goed afkoel.
Klits poeding met een koppie melk tot styf.
Klits room tot styf en meng met poeding.
Smeer bo-oor koek. Krummel
Flake oor as jy will.