Pynapple Cremoratert

SOOg Cremora melkpoeier
250ml kookwater
2x397g kondensmelk (verkoel)
250ml suurlemoensap
12 Tennisbeskuitjies
410g fyngemaakte pynappels

Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas.
Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Kl its die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur.
Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor.
Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies.
Lewer 1 groot tert.
lekker resepte vir die jongergeslag