Vinnige Peppermint Crisp Tert

Genoeg vir 8-10 mense
• 1 pakkie suurlemoenjellie
• 1 x 380 g-blikkie ingedampte melk (sit die melk ‘n dag voor die tyd in die yskas)
• 1 blikkie karamel
• 2 pakkies Tennisbeskuitjies
• 3 x 100 g-Peppermint Crisp-sjokolade

1 Los die jelliepoeier op in die hellte van die water wat op die aanwysings op die pakkie verskyn.
Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Gebruik net kookwater.
2 Klits die ingedampte melk tot dik en skuimerig.
Klits die karamel tot dit pap en sonder klonte is.
3 Meng die jellie en ingedampte melk en roer die karamel daarby.
4 Pak ‘n laag tennisbeskuitjies op die boom van ‘n 29 cm x 22 cm x 6 cm-tertbak.
Giet ‘n bietjie van die jelliemengsel oor en rasper een van die sjokolades oor.
Eindig met ‘n laag jellie en rasper die laaste Peppermint Crisp oor.
5 Laat stol vir ±2-3 uur of oornag in die yskas