Mini Souttertjies

Ek het so 5 viennas opgesny,
1 klein pakkie vars spinasie,
halwe pakkie vars sampioene,
1 pakkie bacon stukkies,
8 klein murgpampoentjies,
3 butternut-wiele,
1 medium ui,
halwe tub gladde maaskaas,
1 klein bakkie plain yoghurt,
halwe teelepel knoffel,
3 eiers,
1 wiel feta,
so 50ml melk.

Ek het die murgpampoen, sampioene, bacon, ui en butternut eers elkeen apart gaargemaak.
My dogtertjie het al die bestanddele per “cup” self gekies en ingesit en ek het die melk/eier/maaskaas/yoghurt mengsel ingegooi.
Bak 30 min teen 180grade.
Bron: Lekker Resepte vir Almal.