Soutvleis Kolwyntjies

In n groot mengbak, meng die volgende bestandele:
2 x 250ml Semels (bran)
2 x 250ml Nutty Wheat
125ml hawermout (oats)
2 opgehoopte tl koeksoda
1/2 tl sout
In n ander mengbak, klits die volgende bestandele saam:
2 eiers
180ml bruinsuiker
125ml Canola olie
500ml karringmelk
5ml vanielje geursel
Ek het ook n 1/2 tl elk gemmer & kaneel ingesit, maar dis opsioneel

Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Spuit 2 x 6-holtes reuse muffin panne met Spray & Cook
Maak n holte in droe bestandele mengsel, voeg die melk mengsel by en meng tot net gemeng
(Nou kan jy 250ml fyn piesang of dadels by meng). Omdat ek op dieet is het ek dit gelos.
Skep die panne half vol en bak vir 20 minute.
Bron: Watertand Resepte.