Vleispasteitjies

OUMA SE VLEISPASTEITJIES:
Dis die outydse resep van my ouma af
Net soos ouma dit gemaak het

BENODIG:
PASTEI DEEG:
3 kop……6 KOP koek meel
125g…….250G margarine
1………….2 eiers
2 ½………5 t bakpoeier
Bietjie sout
MAAK VULSEL:
453…..907 g gemaalde vleis
1……..2 middelmatige aartappels
½………I middelmatige uie
Mespunt naaltjies
¼ t……….1/2 t koljander
1/8 t……….¼ t tiemie
Sout en peper n smaak
1………….2 eetlepels meel
½ eetl…..1 eetlepel asyn
1/4t……….½ t mostert

MAAK SO:
Sny die aartappel in kwarte en rasper die uie fyn.
Kook totdat die aartappels sag is
Roer die gemaalde vleis in en kook totdat die vleis gaar is.
Strooi meel droog bo oor en roer baie goed.
En dan die mostert aangemaak met asyn, kook I min en laat afkoel.
Vryf botter in meel, voeg bakpoeier, sout en eiers by, maak aan met KOUE WATER BIETJIE VIR BIETJIE om deeg bymekaar te bring,
Rol uit.
Bak in oond vir 25-30 min by 180 c

Bron: UPINGTON KREATIEWE IDEES