Beskuitjiestruif

BESTANDELE
1 blik Karamel Kondensmelk
1 pakkie aarbeijellie
250 ml kookwater
250 ml kouewater
50 g ( 125 ml ) gekapte okkerneute
1 pakkie Marie of Tennisbeskuitjies
500 ml dik vlasous
1 blik ( 410 g ) vrugteslaai of 250 ml gesnipperde vars vrugte

METODE
Los jellie in kookwater op en voeg kouewater by.
Gooi bietjie van die jellie in bak en laat stol.
Smeer beskuitjies dik met kondensmelk en plaas `n laag beskuitjies op die gestolde jellie.
Gooi `n laag vlasous oor.
Rangskik van die neute daarop en dan `n laag vrugte, dan weer `n laag jellie, ens.
Eindig met vlamengsel
Plaas in koelkas sodat jellie kan stol.
Versier met room en vars aarbeie