Koekstruif Lekkerte

Bestanddele
1 pakkie aarbei jellie
1 pakkie groenpruim jellie
1 rolkoek
½k (125 mℓ) Old Brown Sherry
100g pakkie pekan-neute, fyngekap
1 groot blik vrugtekelkie
1ℓ vla
2 × 250mℓ houers room
2 e strooisuiker
1 t vanielje
1 houer Maraschino kersies

Metode

  1. Berei die twee pakkies jellie voor volgens die aanwysings op die verpakking en laat stol.
  2. Sny die rolkoek in skywe van ongeveer 2cm dik.
  3. Pak in ‘n enkellaag op die bodem van ‘n diep reghoekige glasboek met ‘n volume van 5ℓ- 6ℓ.
  4. Sprinkel die Old Brown Sherry oor die rolkoek. Strooi ‘n handvol gekapte pekan-neute oor die rolkoek.
  5. Dreineer die blik vrugtekelkie. Skep die vrugte bo-oor die rolkoek.
  6. Sny die jellie in blokkies in skep bo-oor die vrugte. Maak seker dat jy die jellie so skep dat die kleure mekaar afwissel.
  7. Gooi die vla oor die jellie. Strooi ‘n handvol gekapte pekan-neute oor die vla. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat staan vir ten minste 4 uur in die yskas om goed te stol.
  8. Klop die room tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker en vanielje by en klop styf, maar nog steeds lig.
  9. Skep die room bo-oor die vla-laag.
  10. Versier met die kersies.
  11. Geniet dit.

Wenke
Die stroop van die vrugtekelkie kan ook gebruik word om die jellie mee aan te maak.
Vir persone wie nie alkohol gebruik nie, die stroop van die vrugtekelkie kan gebruik word om oor die rolkoek te sprinkel.
Ultramel vla werk ook goed as jy nie self vla wil voorberei nie.
Ander glansvrugte sowel as sjokolade kan gebruik word om die trifle mee te versier.
Die trifle lyk ook mooi as dit in wynkelkies gemaak word.
Jy kan meer as een laag maak, maar sorg dan dat jy knap is met die opskep of anders kan dit ‘n deurmekaar storie word.