Oreo Balletjies

(met net 3 bestandele)
1 pakkie Oreo koekies (heeltemal fyngedruk)
250 gr roomkaas (cream cheese) (kamertemperatuur)
Sjokolade van keuse (gesmelt)

Neem roomkaas (effe versag) en meng in by die koekie krummels.
Maak bolletjies.
Ongeveer okkerneut grote.
Pak op n bakplaat of skinkbord en plaas in die yskas vir ongeveer ‘n uur.
Smelt die sjokolade in mikrogolf of op stoof in glasbak oor kokende water.
Druk n tandestokkie in balletjie en doop in die sjokolade.
Laat afdrup en plaas op n bakplaat tot die sjokolade hard is.
Versier soos jy verkies.
Jy kan met sjojolade drizzle of terwyl die sjokolade op die balletjies nog nie gestol het nie kan jy oreo krummels of sprinkles op strooi.