Tropiese Trifle

Bestanddele
2 Pakkies Vingerbeskuitjies of swiss roll
410 g Blik Mango Skywe of vars mango skywe
2 Kiwi vrugte geskil en in skyfies gesny
1 blikkie grenadilla pulp
550 ml Melk
60 ml Vlapoeier
40 ml Suiker
125 ml Geklikste Room
Gebruik bietjie lemoensap in die plek van die mango stroop as vars mangos gebruik.

Metode
Dreineer Mangos en hou die stroop. Meng Vlapoeier met 50 ml melk.
Kook melk en voeg vlapoeier mengsel by.
Voeg suiker by vla en roer tot dik.
Pak helfte van beskuitjies in bak.
Gooi stroop oor beskuitjies.
Gooi helfte van vla oor beskuitjies.
Gooi mango skywe oor en paar stukkies kiwi vrugte.
Pak dan die ander helfte beskuitjies op.
Gooi die ander helfte van die vla oor.
Plaas in yskas tot geset. Versier met room, skywe mango, kiwi vrugte en die grenadilla pulp.