Delicious Amarula

Maak Jou Eie Flippen Lekker Amarula vir Kersfees.

Jy benodig:
– 1 blik kondensmelk
– 1 blik Ideal melk
– 10 ml vanilla
– 200 ml whiskey (wat jy ook al verkies)
– 5 ml sterk koffie, los op met klein bietjie warm water.
Nou maak jy so:
– Meng kondensmelk, Ideal melk en vanilla saam.
– Meng koffie met die whiskey en voeg by die melkmengsel.
– Klits goed en bedien of bottel en bêre in yskas.

Bron. Die Poeding Klub