Hoender en Aartappel Koekies

4 groot aartappels –geskil, sag gekook en fyn gemaak
½ hoender – gekook en gevlok
½ koppie chedder kaas – gerasper
½ klein ui gerasper
Sout en swart peper na smaak
Mint of vars pietersielie gekap
Meng al die bogenoemde bestanddele en maak koekies
Doop in eier en indien verkies ook broodkrummels
Braai in warm vlak olie tot gaar

Bron onbekend