Toffiekakeuramel Likeur

1 x 397 g kondensmelk
1 x 250 ml vars room
250 ml brandewyn
5 ml gliserien
5 ml karamel-geursel
5 ml kitskoffiekorrels, opgelos in bietjie kookwater
5 ml kakao, opgelos in ‘n klein
bietjie kookwater

Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits tot goed gemeng.
Giet uit in ‘n skoon fles of bottel, draai die deksel toe en plaas in die yskas tot benodig.
Lewer 500 ml likeur.