Heerlike Pannekoek

1 koppie meel
1 eier
¼ koppie olie
1 teelepel bakpoeier
2 koppies water
½ eetlepel asyn
Sout na smaak

Klits eiers en water saam. Sif meel, sout en bakpoeier saam, en voeg by.
Voeg olie by.
Meng en bak.
Dit is nie nodig om nog olie in die pan te gebruik nie – die olie is reeds in die beslag.
Geniet dit!!! (Pieter Bell)