Marshmallow Tert

1 Blik Kondensmelk
1 Kop Room (styfgeklits)
1/2 kop Suurlemoensap
250gr Kersies
125gr Neute
1 pak Marshmallows (ek het die kleintjies gebruik)
1 Pak Vinger beskuitjies (Boudoir)

METODE
Meng kondensmelk, suurlemoensap en styfgeklopte room
Voeg die kersies (gehalveer), neute (kleiner gebreek) en Marshmallow by die kondensmelk mengsel en meng goed
Pak ‘n laag beskuijies, dan die helfte van die vulsel
Weer ‘n laag beskuitjies en eindig met die vulsel
Versier met neute of kersies
Verkoel ten minste 2 ure in die yskas voor gebruik

Bron: Watertand Resepte.