Gebakte Amarulatert

60ml kakao.
125ml kookwater.
3 eiers.
220ml suiker.
60ml olie .
250ml koekmeel.
10ml bakpoeier.
2ml sout.
Stroop
200ml suiker.
250ml water.
60ml amarula.
1 blikkie karamel kondensmelk.
styf geklopte room & ‘n flake sjokolade

Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel.
Klits Suiker + olie + eiers een vir een saam.
Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur.
Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel meng goed deur.
Gooi in glasbak 22cm/30cm vooraf gespuit met cook ñ bake.
Bak by 180 grade C vir 25-30min
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is.
Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Laat heeltemal afkoel.
Versiering:
Karamel kondensmelk en room stooi flake fyn bo-oor.
(Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn flake oor) was dit dalk die amarula tert.

Bron: Die Poeding Klub.