Gebakte Mayonaise & Chutney Hoender

Bestanddele:
1 pak (8-10) hoenderstukke
1 pk bruin uiesop poeier
250 ml warm water (nie kook)
1/2 k mayonaise
1/4 k chutney
1/4 k soet chilli sous
1/4 k tamatie sous
Sout

Metode:
Oond 180 gr C.
Pak die hoender stukke in ‘n oondbak en geur liggies met sout.
Meng die uiesop-poeier met die warm water.
Roer die mayonaise, chutney, soet chillie sous en tamatie sous daarby.
Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie.
Bak vir 50-60 minute.
Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.

Bron: Resepte Wat Jou Mond Sal Laat Water.