Romerige Macaroni met Hoender

1 pakkie (500 g) macaroni
1 houer (250 ml) suurroom
1 groot eier, geklits
1 blik (410 g) roomsoetmielies
1 koppie bevrore ertjies
4 hoender borsies – ontvel – gaar gekook en gevlok
Sprietuie, gekap of 1 ui gekap
Sout en peper

Cheddarkaas, gerasperVoorverhit oond tot 180 C.
Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar.
Dreineer en plaas in `n groot oondvaste houer.
Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by, en roer by pasta in.
Bedek met kaas en bak vir 20-25 minute tot goudkleurig.
Wenk: Indien jy nie suurroom het nie, gebruik room met 1 eetl asyn in, of gebuik ‘n halwe pakkie wit uiesop of sampioensop aangemaak met so 300ml melk.

Bron onbekend