Frikkies Met Rys/Aartappels en Sous

Baie lekker resep!
Jy kan n aartappel ook grof rasper en dit by sit of n handvol gaar rys dit rek die vleisie so bietjie.

FRIKKADELLE
BENODIG:
1 kg maalvleis.
1 ui fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper
1 1/2k Koekmeel [miskien bietjie meer]
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.
bietjie peper.

MAAK SO:
Meng alles goed.
Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C, aan albei kante tot gaar.
[ek kook myne op die stoof in n bietjie water [so die helfte teen jou balletjie op] dan maak dit n baie lekker sousie, pasop dit brand, stadig…
N.S.
Rol eers jou balletjies in skoon koekmeel voor jy dit in die kastrol of pan op die stoof plaas dan is dit baie lekker] O ja en moenie die balletjies te styf rol nie lekker groot losserige balle is baie lekker..

Bron:Helena Suidwesters Kan Lekker Kos Maak.

Fricks with Rice/Potatoes and Sauce:

Very nice recipe!!
You can also grate a potato and add it to the recipe or a handful of cooked rice it stretches the meat a little.

FRIKKADELLE
YOU NEED:
1 kg of minced meat.
1 onion finely grated.
1 potato, finely grated
1 1/2k cake flour [maybe a little more]
2 eggs.
2 Tablespoon tomato sauce.
2 Tablespoon worcester sauce.
2 Tablespoon Chutney.
1 teaspoon. salt.
A little bit of pepper.

TO MAKE IT:
Mix everything well.
Make balls and bake in cooking oil at 180 degrees C, on both sides until cooked.
[I cook mine on the stove in a little water [half against the balls] then it makes a very nice sauce.
Be careful it’s burning.. slowly.
N.S.
First roll the mince balls in clean flour before you put it in the casserole or pan on the stove then it is very nice]
Oh yes and don’t roll the balls too tight nice big loose balls are very better.