Pynappel en Idealmelk Yskastert

BESTANDDELE
1 Pakkie tennisbeskuitjies
1 Pakkie groen jellie
1 Blik Idealmelk (verkoel oornag in yskas)
1 Blikkie crushed pynappel
¼ koppie kookwater

METODE
Pak beskuitjies in n vierkantige tertbak
Maak jellie aan met kookwater en plaas eenkant om af te koel.
Klits idealmelk styf en klits afgekoelde jellie by.
Gooi sap van pynappel af en roer by styfgeklopte mengsel.
Gooi helfte van mengsel op uitgepakte beskuitjies en pak dan nog n laag beskuitjies en gooi dan die res bo oor
Krummel een koekie fyn bo oor en plaas in yskas.

Bron: Krummel vir Krummel.