Aartappel-Spek-Happies

2 k Kapok-aartappels (verkoel)
Spekrepies
1 Eier
1/2 k droƫ broodkrummels
Kaas (in blokkies gesny, een blokkie vir elke happie)
Spice na smaak
Tandestokkies
Olie vir diepbraai
Suurroom en/of doopsous van jou keuse

Aanwysings:
Meng die kapok-aartappels, eier en Spice in ‘n mengbak.
Neem ‘n skep van die aartappelmengsel, en vorm ‘n balletjie rondom ‘n blokkie kaas.
Rol nou elke balletjie in die broodkrummels.
Draai ‘n repie spek om die balletjie, en steek vas met ‘n tandestokkie.
Diepbraai nou in die olie tot die spek mooi goudbruin is.
Dreineer op ‘n papierhandoek.
Bedien met suurroom of doopsous as ‘n lekker happie!
(Bedien warm, sodat die kaas nog lekker loperig is)

Bron. Onbekend.