Maalvleisbolletjie Bacon Happies

500 gr maalvleis,
1 groot gebraaide ui OF 1 rou gerasperde ui
2 snye geweekte brood in melk (uitgedruk) of 2 aartappels grof gerasper
‘n Groot handvol oats
1 eier
2 Eetl gekapte pietersielie
1 fyngekapte knoffelhuisie – of 1/2 tl knoffelvlokkies (opsioneel)
1 t fyn koljander – ek gebruik 1 tl kerrie ipv koljander
1 Eetl asyn
1 t sout
1/2 tl bakpoeier

Meng alles en rol bolletjies
Draai bacon om ryg op sosatie stokkies smeer met Jimmy sous of sweet chili en braai in pan of kole.

Bron: (Kampvuur)