Cremora Pynappel en Marshmallow Tert

1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk en gemeng met 100gr gesmelte botter
Druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min
Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit
1/2 of hele pak marshmallows gesnipper (of koop die mini marshmallows)
Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water en klits tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Voeg 1/2 na 3/4 kop suurlemoensap by en meng tot dik
Meng nou die pynappel en gesnipperde / klein marshmallows by
Gooi oor koekiekors
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas.

Voortrekker Resepte en Boere Rate