Vleispasteitjies

Deeg.
Vryf 625g margarien in; 6 k meel; 1/2 t kremetart en 1 1/2 t sout.
Maak aan met 3 eiergele en 60ml witasyn saamgeklits in 3/4 k yswater.
Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure.
Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.

Vulsel:
Kook saam 1kg gemaalde vleis, 1/2 t sout en 1/4 k blatjang.
Sodra vleis deurgekook is, voeg by 1/2 r aromat, 1/4 t naeltjies; 1/2 t mostet; 1/2 pakkie Knorr Meat Ball Maker en 1/4 k hawermout.
1 sny geweekte bruinbrood.
Druk al die water uit die brood. (ek sit nooit die brood in nie die hawermout bind die vleis genoeg)
Meng alles goed en laat prut vir 14 minuut.
Druk in glasbak en laat koud word in yskas.
Sny stroke en plaas op uitgerolde deeg.
Vou toe en rol om sny in verlangde groottes, smeer met geklitste eier.
Bak tot mooi bruin by 180C of 350F.
Lekker eet.

Bron: Suidwesters Maak Lekker Kos.